Gebruikerslys

Hierdie is waar jy die gebruikers van jou Piwigo gallery administreer.

Voeg gebruiker by

'n Administrateur kan gebruikers byvoeg. Vir elke gebruiker, skep 'n gebruikersnaam, wagwoord en 'n geldige epos adres.

Gebruikerslys

Die lys van bestaande gebruikers kan gefilter word op die gebruikersnaam (gebruik * as 'n pas-alles), groep of status. Dit kan gerangskik word op registrasiedatum of gebruikersnaam, in stygende of dalende volgorde.

Hierdie skerm word gebruik vir die administrasie van verskeie gebruikers op een slag, met verskillende aksies beskikbaar:

Die teiken is die gekose gebruiker (verstekwaarde) of alle gebruikers wat in 'n filterlys vertoon word.